# Die Madlanga-kommissie het beslis dat die omstrede Noordwes-sakeman, Suliman Carrim, se aansoek vir uitstel van sy verhoor, vandag in die openbaar aangehoor word. Hy het aanvanklik gevra dat die aansoek in camera aangehoor word en hom beroep op sy reg tot mediese privaatheid weens ʼn onbekende siekte. Die kommissie het gesê sy siekte, hospitaal en dokters mag nie geïdentifiseer word nie. Carrim het vroeër vanjaar in getuienis voor die kommissie erken dat hy sake gedoen het met die misdaad-beskuldigde Vusimuzi “Cat” Matlala en Brown Mogotsi.
Carrim se aansoek om getuienis voor Madlanga-kommissie uit te stel, word in openbaar aangehoor