Skip to content

Ekonoom Raymond Parsons sê onveranderde rentekoerse goeie nuus vir sukkelende verbruikers

# Die ekonoom van die Noordwes-Universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om rentekoerse onveranderd te hou, sal verligting bring vir ondernemings en verbruikers wat aan stygende lewenskoste onderwerp word. Parsons sê die besluit weerspieël kommer oor swak ekonomiese groei en wêreldwye onsekerheid, insluitend die konflik in die Midde-Ooste. Hy verwag Suid-Afrika se ekonomie sal vanjaar met slegs sowat 1,2-persent tot 1,3-persent groei, en sê vinniger binnelandse hervormings is nodig om ekonomiese groei te bevorder.