# Die vakbond Solidariteit het die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit verwelkom om die terugkoopkoers onveranderd op sewe-persent te hou. Volgens die vakbond is die onlangse styging in inflasie hoofsaaklik te wyte aan hoër brandstofpryse en nie monetêre beleid nie, wat beteken ‘n rentekoersverhoging sou ‘n geringe uitwerking gehad het. Theuns du Buisson van Solidariteit glo inflasie sal afneem wanneer brandstofpryse daal, hy sê om die rentekoerse onveranderd te laat sal verligting vir huishoudings en ondernemings bring.
Solidariteit sê Reserwebank het goeie oordeel gebruik om rentekoerse onveranderd te hou