# Die Nasionale Tesourie het sy besluit verdedig om 69 munisipaliteite se Julie-fondse van 13,5-miljard-rand weens swak finansiële bestuur tydelik te terug te hou. Hy sê dis in ooreenstemming met grondwetlike en wetgewende voorskrifte. Dit volg nadat die Finansiële en Fiskale Kommissie die besluit se wetlikheid bevraagteken het. Die adjunk-direkteur-generaal in die kantoor van die Tesourie se algemene raad, advokaat Empie van Schoor, sê die uitvoerende gesag kan die toelaes terughou, maar die Parlement moet dit goedkeur.
Nasionale Tesourie verdedig besluit om munisipale fondse te weerhou