# CapeNature herinner besoekers eenvoudige optredes soos om veldblomme te pluk, gemerkte staproetes te verlaat, wildlewe te versteur of klippe en skulpe uit beskermde gebiede te neem, kan biodiversiteitsmisdade wees. Die bewaringsagentskap sê hierdie aksies kan sensitiewe ekosisteme benadeel en bewaringspogings ondermyn. Tussen April en Junie vanjaar het die organisasie tien biodiversiteitsmisdade geregistreer en 48 boetes uitgereik. Die uitvoerende hoof van CapeNature, Ashley Naidoo, moedig die publiek aan om die korrekte permitte te bekom en onwettige aktiwiteite aan te meld om te help om die Wes-Kaap se natuurlike erfenis te beskerm.
CapeNature tree op teen biodiversiteitsmisdrywe in beskermde gebiede