Skip to content

Studie verbind Amerikaanse opskorting van hulp met afname in MIV-behandeling vir kinders

# ‘n Nuwe studie het bevind ongeveer 77-duisend minder kinders het wêreldwyd in die jaar tot Oktober 2025 VSA-gesteunde MIV-behandeling ontvang na veranderings aan Amerikaanse buitelandse hulp. Die studie op die vooraand van die VIGS 2026 -konferensie wat Sondag in Brasilië plaasvind, het op ‘n jaargrondslag ‘n afname van 14-persent in pediatriese MIV-behandeling gesien. Navorsers sê die skerpste dalings is aangeteken in Suid-Afrika, Uganda, Kenia, Zambië en Haïti. Die Amerikaanse Staatsdepartement betwis die bevindinge en sê minder kinders word met MIV besmet.