# Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê hulle is steeds bereid om oor ‘n einde aan die Iranse krisis te onderhandel, maar Teheran neem die gesprekke nie ernstig op nie. Die toenemende konflik het twee van die wêreld se belangrikste energievervoer-roetes ontwrig. Rubio het ‘n vergadering van Suidoos-Asiatiese ministers bygewoon, ‘n dag nadat drie olietenkskepe met Saoediese ruolie onderweg na Asië in die Rooi See omgedraai het, waarskynlik weens dreigemente deur Jemen se Irans-gesteunde Houthi-rebelle. Die Houthi’s het Maandag ‘n vlootversperring teen Saoedi-Arabië aangekondig.
Rubio sê Amerika is steeds bereid om oor Iranse krisis te onderhandel