Skip to content

Minister Godongwana belê dringende algemene vergadering na nóg OBK raadslede bedank

# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het vir volgende week ʼn dringende algemene vergadering van die beleërde Openbare Beleggingskorporasie belê waar die oorblywende vyf nie-uitvoerende direkteure moontlik uitgestem kan word. Dit volg nadat nog vier raadslede gister bedank het, wat die getal uitvoerende direkteure wat uitgetree het, op ses te staan bring. Die OBK wat bates van meer as 3,6-duisend-miljard-rand bestuur, het sy uitvoerende hoof, Patrick Dlamini, geskors. Volgens berigte sal die oorblywende vyf raadslede, insluitend die voorsitter David Masondo, voor die stemmery ʼn voorlegging by die vergadering lewer.