Skip to content

Mkhwanazi en Getuie K borgtog van vyf-duisend-rand elk toegestaan

# Die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni Metropolisie, Julius Mkhwanazi, en sy medebeskuldigde, bekend as Getuie K, is in die Johannesburgse Landdroshof op borgtog van vyf-duisend-rand elk vrygelaat. Die twee staan ​​tereg op aanklagte van diefstal, roof, bedrog en korrupsie wat verband hou met die beweerde diefstal van sugilietstene ter waarde van byna 15-miljoen-rand tydens ‘n polisie-klopjag in Killarney in 2023. Mkhwanazi ontken die bewerings en sê Getuie K het bewyse teen hom vervals nadat hul verhouding verbrokkel het.