# Indië het ‘n senior Russiese diplomaat ontbied nadat vier Indiërs dood is in ‘n missielaanval op ‘n vragskip wat ‘n Oekraïnse Swartsee-hawe verlaat het. Drie missiele het die Golden Leo Sondag getref en die Indiërs en nog ses mense is dood. Indië se Ministerie van Buitelandse Sake het Rusland se saakgelastigde gevra om hulle sterk kommer oor te dra en sê dis onaanvaarbaar om handelskepe teiken met die gevolglike verlies van burgerlike lewens. Indië sê sulke aanvalle ondermyn die veiligheid, sekerheid en bestendigheid van internasionale maritieme handel.
Indië ontbied ‘n Russiese diplomaat oor die dood van bemanningslede op ‘n Indiese skip