# Die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, het die raad van die Universiteit van Venda in Limpopo ingelig hy gaan ‘n onafhanklike assessor aanstel weens toenemende kommer oor bestuur. Dit volg op onopgeloste bewerings teen die visekanselier en die bedryfshoof, en verslae rakende hul voorlopige skorsing. Woordvoerder Matshepo Seedat sê die assessor sal ondersoek instel na die aantygings, die bestuur en administrasie, en die raad het 14-dae om vertoë te rig:
Minister Manamela doen stappe rakende kommer oor bestuur aan die Universiteit van Venda [KLANK]
ENG SeedatOnConcerns