# President Cyril Ramaphosa sê hy sien daarna uit om nou saam te werk met die nuwe Britse premier, Andy Burnham, om bilaterale betrekkinge te handhaaf en die vennootskap tussen die twee nasies uit te brei. Burnham is Brittanje se sewende premier in ‘n dekade en neem die leisels oor by Keir Starmer, wat verlede maand bedank het. Dit bring ‘n einde aan sy termyn as die kortste dienende Arbeidersparty-premier in die geskiedenis. Ramaphosa sê Brittanje, as een van Suid-Afrika se top-vyf uitvoermarkte, word waardeer as ‘n handelsvennoot wat geleenthede vir Suid-Afrikaanse ondernemings onderhou.
Ramaphosa sê hy sien daarna uit om saam met die nuwe Britse premier Burnham te werk