# Die Buro vir Ekonomiese Navorsing sê die regering moet ‘n kuratorskapstelsel soortgelyk aan die vir banke, vir mislukte munisipaliteite instel om dienslewering en finansiële bestuur te verbeter. Die buro voer aan munisipaliteite, anders as mislukte banke, word dikwels belemmer deur ingewikkelde wette en politieke inmenging, wat doeltreffende ingryping vertraag. Die buro meen om Nasionale Tesourie die mag te gee om professionele kurators aan te stel, kan verhoed dat munisipaliteite ineenstort, finansiële bestuur versterk, en die lewering van noodsaaklike dienste soos water, elektrisiteit en sanitasie verbeter.
Buro sê regering moet ‘n kuratorskapstelsel vir munisipaliteite instel