# Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het die sowat 31-miljoen-rand verdedig wat uitgegee is op Suid-Afrika se FIFA Wêreldbeker-program en sê die departement het niks om weg te steek nie. Dit volg nadat politieke partye die uitgawe as verkwistend beskryf het. Die departement se woordvoerder, Zimasa Velaphi, sê 151 deelnemers, uitsluitend diensverskaffers, het na Mexiko en Amerika gereis, met privaat borge wat ʼn deel van die koste gedek het. Sy sê ʼn finale rekonsiliasie van borge se bydraes moet nog ingehandig word:
Minister McKenzie verdedig die FIFA Wêreldbeker-uitgawe van 31-miljoen-rand [KLANK]
ENG VelaphiONFIFAWolrdCup