Skip to content

Verhoor van 62 beweerde Julie 2021-aanhitsers begin vandag

# Die verhoor van 62 vermeende aanhitsers van die Julie 2021-onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng begin vandag in die Durban Hooggeregshof. Altesaam 354 mense is tydens die protesoptrede vyf jaar gelede dood. Vyf-en-sestig mense is aanvanklik aangekla, maar drie is sedertdien dood. Die beskuldigdes staan ​​tereg op aanklagte van terrorisme, aanhitsing tot openbare geweld en sameswering tot moord. Hulle het die betogings teen voormalige president Jacob Zuma se 15-maande tronkstraf op WhatsApp-groepe georganiseer. Die saak is vir twee weke op die rol geplaas met meer as 100 getuies wat sal verskyn.