Skip to content

Minister Ramokgopa sê Suid-Afrika gaan voort met sy Kernbou-program [KLANK]

# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die regering gaan voort met planne om Suid-Afrika se kernenergie-program uit te brei. Dit is ten spyte van kommer oor veiligheid by Koeberg in Kaapstad, die land se enigste kernkragsentrale, waar drie voorvalle van radioaktiewe besmetting die afgelope weke voorgekom het. Ramokgopa sê die uitbreiding is deel van die Geïntegreerde Hulpbron-program om afhanklikheid van steenkool te verminder, die land se energie-mengsel te diversifiseer en die kernbedryf uit te brei. Die instelling daarvan word tot 2039 beplan:

ENG RamokgopaOnNuclearProgramme