Skip to content

SASSA herhaal dat hy geen bedrog en korrupsie sal duld nie

# Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid het herhaal hy sal geen bedrog en korrupsie duld nie en sê hy is steeds verbind tot die beskerming van die integriteit van die maatskaplike toelaestelsel om te verseker dat toelaes die regmatige afhanklikes bereik. Die agentskap het vier amptenare van sy Nebo-kantoor in Sekhukhune, Limpopo, afgedank nadat hulle skuldig bevind is weens hul aandeel aan ‘n maatskaplike toelae-bedrogskema van 33-miljoen-rand. SASSA sê hy versterk maatreëls om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom.