Skip to content

UDM veroordeel onwettige mynbou en misdaadsindikate in SA

#  Die UDM het onwettige mynbou en misdaadsindikate in die land veroordeel, asook die mense wat dit organiseer, finansier en daaruit wins maak. Dit volg na die dood van twee lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat tydens ‘n operasie teen onwettige mynbou by ‘n myn in die weste van Johannesburg in ‘n verlate mynskag geval het. Die UDM-president, Bantu Holomisa, sê Suid-Afrika kan nie toelaat dat verlate mynskagte vir misdadigers toeganklik bly nie. Hy sê onwettige mynnetwerke moet geïdentifiseer, ondersoek en ontmantel word deur gekoördineerde en volgehoue ​​wetstoepassing.