Skip to content

Vrystaatse fisikus ontvang Suid-Afrika se hoogste toekenning vir lewenslange bydrae tot fisika

# Die fisikus Hendrik Swart van die Universiteit van die Vrystaat is bekroon met die De Beers-goue medalje van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Fisika vir 2026, die instituut se hoogste eerbewys vir lewenslange prestasie. Swart is erken vir meer as 40 jaar se navorsing, wetenskaplike leierskap en mentorskap op die gebied van materiaalfisika. Hy het meer as ‘n duisend navorsingsartikels gepubliseer, studieleiding vir meer as 120 nagraadse studente gedoen, en gehelp om wêreldgehalte navorsingsfasiliteite by die universiteit te vestig. Swart sê die toekenning weerspieël die ondersteuning van sy kollegas, studente en navorsingsvennote.