Skip to content

Regering wil R750-miljard se beleggings lok vir Spesiale Ekonomiese Sones

# Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging sê die regering wil in die huidige boekjaar beleggings van 750-miljard-rand lok vir Spesiale Ekonomiese Sones. Die sones is geografies-beplande gebiede wat infrastruktuur van wêreldgehalte, vereenvoudigde administratiewe prosesse en ʼn reeks fiskale en nie-fiskale aansporings bied om beleggings te lok en nywerheidsontwikkeling te ondersteun. Die program het tot dusver beleggings van meer as 31-miljard-rand van 224 maatskappye ontvang en meer as 28-duisend regstreekse werksgeleenthede geskep. Die departement sê hy wil die kapitaal bekom uit infrastruktuurbeleggings, instellings vir ontwikkelingsfinansiering en ander kredietverskaffers.