Skip to content

Parlement reageer op klagtes van politieke partye oor besoek aan Rusland [KLANK]

# Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê hulle neem kennis van kommer van sommige politieke partye oor ‘n parlementêre afvaardiging wat tans op ‘n amptelike bilaterale werkbesoek aan Rusland is. Afgesien van een Al Jama‑ah parlementslid, bestaan die vyf lede net uit ANC-parlementslede. Die MK Party sê dis teenstrydig met die parlementêre gebruik dat afvaardigings proporsioneel verteenwoordig moet wees. Die woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo, sê daar sal met die gepaste parlementêre prosesse op die klagtes reageer word:

ENG MothapoOnRussiaParliamentDelegation