Skip to content

Aanklagte teruggetrek teen sakeman in rooftogsaak van R14,9-miljoen

# Die staat het alle aanklagte teruggetrek teen die sakeman Etienne van der Walt in die edelsteen-diefstalsaak van 14,9-miljoen-rand. Hy was tien dae lank in aanhouding. Sy medebeskuldigdes, die voormalige Ekurhuleni Metropolisie-beampte Kersha-Leigh Stols, en die huidige beampte Adrian Mackenzie, is borgtog van vyf-duisend-rand elk toegestaan. Van der Walt se regsverteenwoordiger, Peter Jay, sê sy kliënt gaan dalk die staat dagvaar aangesien hy finansiële en sake-verliese gely het sedert sy inhegtenisneming.