# Die raad van die Openbare Beleggingskorporasie het die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor se ondersoek verwelkom nadat ‘n verklikker beweerde onetiese praktyke uitgelig het. Die owerheid is bekommerd oor die onlangse verwikkelinge in die OBK, veral dié van bestuur en leierskaps-bestendigheid. Dit volg op die voorlopige skorsing van bestuurshoof Patrick Dlamini na bewerings van onbekwaamheid soos vervat is in die verklikker se verslag. Die raad sê hy is verbind tot samewerking met al die rolspelers en sal sorg dat alle bestuursake aandag kry met onafhanklike, betroubare en deursigtige prosesse.
OBK verwelkom finansiële ondersoek midde in bestuurskrisis