# President Cyril Ramaphosa sê vennootskappe met beleggers in tegnologie en innovasie stel die regering in staat om digitale infrastruktuur te versterk, vaardighede vir die toekoms te ontwikkel en entrepreneurskap te ondersteun. Hy het gister die uitvoerende span van Amazon Suid-Afrika, insluitend sy senior visepresident, David Zapolsky, ontmoet. Amazon het die afgelope tien jaar meer as 54-miljard-rand in die land belê, wat wolkinfrastruktuur, e-handel, logistiek, hernubare energie en vaardigheidsontwikkeling insluit. Ramaphosa sê die vennootskap het vertroue in die land se beleggingsomgewing en langtermyn ekonomiese moontlikhede versterk.
Ramaphosa sê vennootskap met Amazon SA het vertroue in land se beleggingsomgewing versterk