Skip to content

Minister Mantashe sê dis belangrik om Suid-Afrika se strategiese brandstofreserwes ’n hupstoot te gee 

# Die minister van Minerale en Petroleumhulpbronne, Gwede Mantashe, sê daar is ʼn behoefte aan ʼn Strategiese Voorraadbeleid in Suid-Afrika om gereedheid in geval van ernstige olie-ontwrigting te bevorder. Die departement het ʼn konsepbeleid gepubliseer wat voorstel dat alle gelisensieerde grootmaat olie- en brandstofverskaffers en -invoerders 21 dae se voorraad moet aanhou. Die departement waarsku afhanklikheid van lang skeepsroetes en spesifieke maritieme knelpunte stel die ekonomie bloot aan sowat een-miljard-rand se verliese per dag indien geen brandstof beskikbaar is nie.