# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die regering gaan voort om buitelanders na hul lande terug te stuur volgens riglyne van die Inter-ministeriële Komitee oor Migrasie se vyfpuntplan. Tot op hede is 53-duisend-449 buitelanders vir deportasie en repatriasie verwerk. Die meeste is Malawiese burgers, gevolg deur Zimbabwiërs en Mosambiekers. Kubayi sê wetstoepassingsagentskappe het 205 sake aanhangig gemaak en 350 individue gearresteer in verband met intimidasie, gepeupelreg en migrasie-verwante oortredings:
Suid-Afrika deporteer of repatrieer afgelope weke meer as 50 000 buitelandse burgers [KLANK]
ENG KubayiOnImmigrationEnforcement