# Die Amerikaanse kletsrymer en sanger-liedjieskrywer, Pitbull, en sy aanhangers het ‘n Guinness-wêreldrekord opgestel vir die grootste byeenkoms van mense met kaalkop-pette by sy BST Hyde Park-konsert in Londen. ‘n Totaal van 22-duisend-141 aanhangers, geklee in die kletrymer se kenmerkende pakke, sonbrille en kaalkop-pette, is voor die vertoning amptelik getel. Pitbull, wie se regte naam Armando Christian Perez is, het die prestasie as ‘n seën en ‘n eer beskryf. Hy het sy kaalkop-aanhangers hartlik bedank vir hul onwrikbare ondersteuning.
Aanhangers van kletsrymer Pitbull stel Guinness-wêreldrekord op vir kaalkop-pet-byeenkoms