# ‘n Voormalige brigadier-generaal van die Suid-Afrikaanse Lugmag, Portia Anyamba, is tot ses maande tronkstraf in die VSA gevonnis. Sy het skuldig gepleit op ‘n aanklag dat sy as ‘n onverklaarde agent vir Suid-Afrika opgetree het terwyl sy by die hoogs sensitiewe Oak Ridge Nasionale Laboratorium in Tennessee gewerk het. As deel van ‘n pleitooreenkoms het sy ook skuldig gepleit op die aanklag dat sy valse verklarings in haar aansoek om sekuriteitsklaring in die VSA gemaak het. Benewens haar tronkstraf sal Anyamba twee jaar onder toesig vrygelaat word en ‘n boete van 155-duisend-rand betaal.
‘n Voormalige SA Lugmag brigadier-generaal in VSA-tronk vir haar rol as ‘n ‘geheime buitelandse agent’