Skip to content

SANParke sê Stormsrivier-hangbrug bly oop [KLANK]

# SANParke sê die hangbrug by Stormsriviermond in die Tsitsikamma-gedeelte van die Tuinroete Nasionale Park bly oop terwyl opknappings voortduur. Die projek verbeter die brug se veiligheid en duursaamheid. Woordvoerder, JP Louw, sê aanhoudende ongunstige weer het die werk vertraag, maar dit sal na verwagting teen die einde van volgende maand voltooi wees. Hy sê ‘n gefaseerde benadering tot die bouwerk laat besoekers toe om steeds toegang tot die gewilde trekpleister te geniet terwyl die opknappings plaasvind:

ENG LouwOnSuspension