# Die EFF prys die Universiteit van Pretoria se bekendstelling van sy Degrees Delivered-veldtog. Dis ʼn driejaar-fondsinsamelingsprojek om geleenthede te skep vir gegradueerdes wat weens geskiedkundige studieskuld nie hul kwalifikasies ontvang nie. Die doel is om tussen vanjaar en 2028 50-miljoen-rand in te samel om gegradueerdes wat kwalifiseer se studieskuld te betaal. Die EFF sê geskiedkundige studieskuld is een van die grootste struikelblokke in die pad van jongmense se deelname aan die ekonomie.
EFF prys Universiteit van Pretoria se veldtog om studieskuld te hanteer