# Shell het amptelik ‘n ooreenkoms afgehandel om 100-persent van sy aandelebelang in Shell Downstream South Africa aan Abu Dhabi se staatsbeheerde energiereus, ADNOC Distribution, te verkoop teen ongeveer 16,2-miljard-rand. Die ooreenkoms sluit 580 vulstasies in, asook Shell se groothandelbrandstof-, lugvaart- en smeermiddelbedrywighede. ADNOC Distribution sal ‘n belang van 28-persent aan ‘n plaaslike swart ekonomiese bemagtigings-vennoot verkoop as deel van die ooreenkoms . Die ikoniese Shell-embleem word behou. Shell beklemtoon daar is geen werksverliese nie, en daaglikse bedrywighede, insluitend geriefswinkels, gaan ononderbroke voort.
Shell handel amptelik ooreenkoms af om sy brandstofbedrywighede in Suid-Afrika te verkoop