# ActionSA in Gauteng sê Nasionale Tesourie se besluit om 69 munisipaliteite, insluitend Stad Johannesburg, se Julie-fondse terug te hou, beklemtoon die finansiële krisis waarin die metro gedompel is. Tesourie sê die weerhouding van fondse moet fiskale dissipline vestig, seker maak staatsgeld word behoorlik bestuur en munisipaliteite dwing om ongemagtigde, onregmatige, vrugtelose en verkwistende besteding te hanteer. Funzi Ngobeni van ActionSA sê inwoners moenie ly onder swak fiskale dissipline nie:
ActionSA sê Johannesburg versuim om fiskale dissipline en basiese bestuurspraktyke toe te pas [KLANK]
ENG NgobeniONAccountability