Skip to content

Minister Godongwana sê jeugwerkloosheid moet met vinnig groeiende inklusiewe ekonomie geteiken word

# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, vra ʼn data-gedrewe, bewys-gebaseerde benadering om Suid-Afrika se probleem met jeugwerkloosheid aan te spreek. Volgens Statistiek Suid-Afrika se kwartaallikse arbeidsmagpeiling wat in Mei vrygestel is, is 60,9-persent jeugdiges tussen 15 tot 24 jaar werkloos, en 40,6-persent van dié tussen 25 tot 34 jaar. Godongwana het by die regering se Tegniese Adviessentrum se Openbare Ekonomie-konferensie gesê werkloosheid onder die jeug moet getakel word met ʼn vinniger groeiende, inklusiewe ekonomie. Hy sê groei vereis hervorming en implementering.