Skip to content

Stols sal by medeverdagte aansluit vir bortogaansoek in diefstalsaak oor edelstene

# Die voormalige Ekurhuleni Metropolisiebeampte Kersha-Leigh Stols is in aanhouding na haar verskyning in die Johannesburgse landdroshof oor ‘n beweerde diefstal van edelstene ter waarde van 14,9-miljoen-rand. Stols, die geskorste EMPD-beampte, Adrian MacKenzie, en die sakeman Etienne van der Walt word daarvan beskuldig dat hulle hulself as wetstoepassers voorgedoen het tydens ‘n klopjag op ‘n woonstel in Killarney. Die saak het by die Madlanga-kommissie bekend geword, waar getuie K die beweerde operasie uiteengesit het. Die beskuldigdes sal volgende Donderdag om borgtog aansoek doen.