Skip to content

Ramaphosa stel oudminister Ayanda Dlodlo aan as ambassadeur in Frankryk

# President Cyril Ramaphosa het die voormalige minister van Staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, as Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk aangewys. Sy volg Nathi Mthethwa op wat in September dood is nadat hy sedert 2024 ambassadeur was. Die 63-jarige Dlodlo het verskeie kabinetsposte onder Ramaphosa en oudpresident Zuma beklee. Sy was in die veiligheidsportefeulje tydens die dodelike onluste in Julie 2021 en het in April 2022 bedank om ʼn pos by die Wêreldbank te aanvaar. Haar aanstelling kom in aanloop tot Ramaphosa se tweedaagse werksbesoek aan Frankryk later die week.