# Die Vryheidsfront Plus sê jare van swak beplanning, swak bestuur en verwaarloosde instandhouding het die waterkrisis in die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit in die Oos-Kaap vererger. Volgens die party het die onlangse vloede dieper probleme blootgelê, met verskeie reservoirs wat leeg of krities laag is, met duisende inwoners wat nie water het nie, en sommige wat verkleurde kraanwater kry. Bill Harington van die VF Plus beweer die metro het slegs 22-persent van sy infrastruktuurbegroting bestee en 44-persent van die poste in die waterdirektoraat is nie gevul nie.
VF Plus sê swak bestuur is verantwoordelik vir verslegtende waterkrisis in Nelson Mandelabaai