Skip to content

Boedelbeplanning sleutel tot beskerming van gesinsrykdom ná die dood

# Suid-Afrikaners word aangemoedig om hul boedels noukeurig te beplan om die finansiële uitwerking van die dood te verminder. Dit is Nasionale Spaarmaand en die finansiële beplanner, Rothea van Biljon, sê wanneer ‘n persoon sterf, beskou die Suid-Afrikaanse Inkomstediens bates asof dit teen markwaarde verkoop word, wat kapitaalwinsbelasting kan veroorsaak. Sy sê boedelbelasting en eksekuteursfooie verminder boonop die waarde van erflatings, en onvoldoende boedelbeplanning kan gesinne met bevrore bates en onverwagte kostes laat. Van Biljon beveel vroeë boedelbeplanning aan om likiditeit te verbeter en welvaart vir toekomstige geslagte te beskerm.