Skip to content

Departement van die Omgewing en Mediese Navorsingsraad werk saam om openbare gesondheid te beskerm

# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing, en die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad het ʼn memorandum van verstandhouding onderteken om samewerking tussen omgewings- en gesondheidsdeskundiges te versterk. Die twee instellings sal saamwerk wat navorsing, beleidsontwikkeling, gesondheids-impakstudies, data-deling, monitering van luggehalte en openbare bewustheid betref. Die mediese navorsingsraad se president en uitvoerende hoof, professor Ntobeko Ntusi, sê beide organisasies se doelwit is om seker te maak navorsing lei tot beleide en optrede wat lewens red, gesondheidsongelykheid verminder en alle landsburgers se lewensgehalte verbeter.