# Die Gautengse LUR vir Finansies, Nkululeko Dunga, sê ʼn aksieplan is ingestel om die kommerwekkende finansiële toestand van munisipaliteite te hanteer. Ses van die elf munisipaliteite het in die 2024/25-boekjaar ongekwalifiseerde ouditmenings met bevindings ontvang. In die boekjaar wat tans geëvalueer word, het Gautengse munisipaliteite altesaam 14,4-miljard-rand onregmatig bestee. Dunga sê die provinsiale regering sal by elke munisipaliteit strategieë versterk om ongemagtigde, onregmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes te verminder:
Gautengse LUR vir Finansies kondig aksieplan aan na munisipale oudituitkomste [KLANK]
ENG DungaOnAction