# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê Suid-Afrika het geen wetlike verpligting om buitelandse burgers te repatrieer nie en beklemtoon die verantwoordelikheid berus by hul geboortelande. Ntshavheni sê die regering se rol is om buurlande te ondersteun wanneer hulp gevra word. Ntshavheni het verwys na Mosambiek se gesamentlike repatriasiepogings en sê bystand aan Malawi is daarop gemik om ‘n humanitêre krisis te voorkom. Volgens Ntshavheni word vertragings in die verwerking van sake grootliks toegeskryf aan die beperkte vermoëns van Malawi se diplomatieke sending:
Ntshavheni sê SA nie verantwoordelik vir repatriasie van buitelandse burgers nie [KLANK]
ENG-NtshavheniOnMalawianNationals