# President Donald Trump sê dit is belaglik dat Amerika sy eensydige verhouding met die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie voortsit. Hy het Europese bondgenote herhaaldelik gekritiseer oor hul optrede tydens die oorlog met Iran. Verskeie lande het beperkings geplaas op die gebruik van hul militêre basisse deur Amerikaanse magte. Trump sê in ‘n plasing op Truth Social, Washington se verhouding met NAVO is nie wedersyds voordelig nie, aangesien hulle meer as ander lidlande belê. NAVO het verlede jaar ingestem om teen 2035 verdedigingsverwante besteding tot vyf-persent van lede se bruto binnelandse produk te verhoog.
Trump sê Amerika kan nie sy eensydige verhouding met NAVO voortsit nie