# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het haar meegevoel betuig aan die gesinne van 16 mense wat dood is in ‘n busongeluk op die N1 naby Touwsrivier in die Wes-Kaap. Die departement se woordvoerder, Collen Msibi, sê die bus het 78 passasiers na Idutywa in die Oos-Kaap vervoer toe dit vanoggend omgeslaan het. Twintig mense is beseer. Msibi het bevestig ‘n ondersoek is gelas en ‘n verslag word binne 48-uur verwag:
Minister van Vervoer gelas ondersoek na dodelike busongeluk naby Touwsrivier [KLANK]
ENG-MsibiOnAccident