Skip to content

Parlement vra verduideliking van minister Malatsi oor bewerings oor Starlink

# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, eis ʼn verduideliking van minister Solly Malatsi, oor bewerings wat Starlink en die firma, Resolve Communications, betref. Die gewese minister van Landbou, John Steenhuisen, beweer Resolve, wat deur Tony Leon gestig is, het vergaderings tussen regeringsamptenare en sy klante gekoördineer om hulle te oorreed om beleidsveranderinge te ondersteun. Die komiteevoorsitter, Khusela Sangoni Diko, sê hierdie bewerings wek kommer oor geskiedkundige voorvalle in die land tydens staatskaping, toe privaat belange wou inmeng by regerings-belange en uitvoerende besluite.