# Die DA sê Suid-Afrika moet nie gesien word as ‘n land wat vergaderings fasiliteer of individue betrek wat met korrupsiebewerings verbind word nie. Die party het parlementêre vrae aan die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, voorgelê oor berigte dat voormalige president Jacob Zuma en die staatskaping-beskuldigde Ajay Gupta tydens ‘n besoek aan Indië ontvang is. Ryan Smith van die DA sê regeringsverteenwoordigers moet verseker dat staatshulpbronne nie gebruik word om die land se anti-korrupsie-houding te ondermyn nie:
DA dring aan op antwoorde deur minister Lamola oor diplomatieke ontvangs vir staatskaping-beskuldigde, Ajay Gupta [KLANK]
ENG SmithOnDiplomaticReception