Skip to content

33 mense lewend uit puin gehaal terwyl reddingspogings in Venezuela voortduur

# Dae nadat Venezuela deur twee kragtige aardbewings getref is, word verhale van wonderwerke vertel. Die waarnemende president Delcy Rodríguez, het bevestig dat 33 mense die naweek lewend uit die puin gered is. Dit sluit ʼn baba, twee elfjarige seuns en ʼn 60-jarige vrou in. Minstens een-duisend-430 mense is dood sedert die aardbewings van 7,2 en 7,5 Venezuela verlede Woensdag getref het, terwyl drie-duisend-238 beseer is. Rodríguez sê hulle het van 24 lande ondersteuning ontvang wat 521 ton voorrade, 86 honde-eenhede en meer as twee-duisend lede van soek-en-reddingseenhede insluit.