# Verlede nag se twee opeenvolgende aardbewings in Venezuela het die lewens van minstens 164 mense geëis en sowat ‘n duisend beseer. Reddingswerkers soek steeds deur die puin van verwoeste geboue in die hoofstad, Caracas, terwyl oorlewendes om hulp roep. Waarnemende president Delcy Rodríguez het ‘n noodtoestand afgekondig en sê daar was reeds 30 naskokke. Die aardbewings, met sterktes van 7,2 en 7,5, het binne ‘n minuut na mekaar plaasgevind. Die tweede was die sterkste in Venezuela sedert 1900. Die Amerikaanse Geologiese Opname waarsku die dodetal kan duisende beloop.
Aardbewings in Venezuela eis minstens 164 lewens, reddingswerkers soek steeds in verwoeste geboue