Skip to content

Suid-Afrika neem belangrike stap om plaaslike bedryf vir verwerking van seldsame aardelemente te vestig

# Suid-Afrika het ‘n belangrike stappe gedoen om ‘n plaaslike bedryf vir die verwerking van seldsame aardelemente te vestig. Dit volg nadat die Steenkampskraal‑monazietmyn in die Wes-Kaap en die mineraalverwerkingsagentskap Mintek daarin geslaag het om hoësuiwer gemengde seldsame aardeprodukte op laboratoriumskaal te vervaardig. Dit is moontlik gemaak met samewerking tussen die myn, Mintek en ondersteuning van die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie. Die drie vennote sê dit kan die land posisioneer as ‘n strategiese verskaffer aan vinnig groeiende wêreldmarkte vir skoon energie-, tegnologie- en mediese sektore wat tans deur China oorheers word.