Skip to content

Grensbestuursowerheid ondervind toename in vertrekke voor betoging-sperdatum

# Die Grensbestuursowerheid sê meer as 12-duisend migrante het Suid-Afrika die afgelope vyf dae verlaat deur die Beitbrug-grenspos in Limpopo. Dit sluit meer as nege-duisend Malawiërs en drie-duisend Zimbabwiërs in wat gerepatrieer of gedeporteer is. Honderde Ghanese en Nigeriërs het ook vanaf die OR Tambo-internasionale lughawe in Gauteng vertrek. Die owerhede sê die toename in beweging gebeur voor Dinsdag se beplande betogings teen onwettige immigrasie. Veiligheidsdienste bly intussen op hoë gereedheidsgrondslag.