Skip to content

VF Plus sê Kaapstad se hersiene 2026/2027-begroting sal ernstige finansiële druk op inwoners plaas [KLANK]

# Die Vryheidsfront Plus sê die Stad Kaapstad se hersiene begroting vir die 2026/2027-boekjaar sal groot finansiële druk op inwoners plaas en gewone salaristrekkers en lojale betalers van eiendomsbelasting verder verarm. Die begroting word Maandag tydens ʼn raadsvergadering ter tafel gelê. Pieter Jansen van Vuuren van die VF Plus sê inwoners sal weereens gebuk gaan onder eiendomsbelasting en vaste diensfooie. Hy sê die vaste koste vir die residensiële verbruikerstarief in Kaapstad is tans 390-rand-87-sent per maand:

AFR VuurenONRevisedBudget