# Die EFF sê die DA en ActionSA het die mense van Ekurhuleni verraai deur die ANC te help om ʼn onbefondsde begroting wat teen armes en inkontraktering is, te aanvaar. Die metro se 2026/2027-begroting van 71-miljard-rand is ná drie mislukte pogings aanvaar. Die EFF sê hy het teen die begroting gestem omdat dit nie verslegtende dienslewering, vervalle infrastruktuur en oorafhanklikheid van gekontrakteerde dienste in ag neem nie. Hy sê die ANC se herhaalde mislukking om sy eie begroting te aanvaar, wys die gevolge van regering deur arrogansie eerder as beraadslaging.
EFF kritiseer DA en ActionSA se hulp aan ANC om Ekurhuleni-begroting deur te voer